Sunday, January 18, 2009

SHOPPING

Daar is altyd redes vir uitverkopings: Kersfees, Nuwejaar, Australie dag, die koningin se verjaardag, so daar is omtrent elke week 'n ander uitverkoping. Hier is 'n tipiese aanbod deur Harvey Norman, die plaaslike meubelwinkel. Dis reg! Geen paaiemente vir 'n jaar en 'n half.




Savannah betaal vir 'n paar items by 'n winkel met die naam BigW - amper soos Kloppers in Bloemfontein (die aussies noem dit sommer Bigdub, kort vir "Big dubble-u"). Hier gebruik sy die "Self Checkout": jy scan self jou items, kies dan hoe jy wil betaal, sit kontant in die masjien (of gebruik debiet-/kredietkaart) en vat jou kleingeld. Die masjien groet jou vriendelik en se^ altyd: "Thank you for shopping at BigW. Please take your items".

No comments:

Post a Comment