Sunday, January 18, 2009

KOALAS

Koalas slaap omtrent 18 uur per dag, maar as dit etenstyd is, is hulle wawyd wakker. Hulle is ook baie kieskeurig en eet slegs blare van 40-50 van die 600 Eucalyptus spesies, waarvan omtrent net 10 soorte regtig hul gunsteling is. Die Lone Pine Koala Sanctuary pluk daagliks 1 ton van hul gunsteling blare om te eet.






Koalas het twee duime en baie skerp naels aan elke klou om mee te klim en vas te klou terwyl hulle slaap.


Ons het elkeen 'n beurt gekry om 'n "kwala" vas te hou. Hulle is nogal redelik stewig en kan tot 9 kg weeg.
Ps: "kwala" = Savannah se weergawe van "koala"


Koalas is vreeslik interessant. Gaan kyk 'n bietjie na hierdie insiggewende blad: http://www.thekoala.com/koala/

No comments:

Post a Comment