Tuesday, January 27, 2009

MARATHON MAN



Hezel getting ready for his daily running session in training for the Gold Coast Marathon later this year. Because of the heat and humidity it is much more bearable to run at night - hence the head lamp and special night vision glasses.

TRUE BLUE AUSSIES

AUSTRALIA DAY
WITH
OUR NEIGHBOURS
Ian (above, next to Kiara) and his wife Hope (below), our friendly next door neighbours.
Hope and their sweetie pie daughter, Sophie, here with Declan,
our next to next door neighbour

Declan and his wife, Kym

True blue Aussies, born and bred in Australia
Above is Sophie, Abbey, Kiara and Sam


AUSTRALIA DAY

AUSTRALIA DAY
ONE DAY INTERNATIONAL
SOUTH AFRICA vs AUSTRALIA
HELD ANNUALLY
AT
BEARDMORE PLACE




We spent a wonderful day outside in our front yards and had a barbie (BBQ) later that evening.

Sunday, January 18, 2009

DIE ARK

"Cane toads" - net voor dit reen kom al die paddas uit in ons tuin. Hierdie is giftige paddas en die honde het klaar geleer om van hulle af weg te bly.

Die hele tuin is vol van hierdie klein groen paddatjies - "green tree frogs". Party mense reken hulle is giftig, ander nie - so die honde los hulle ook maar uit.

Dirkie


Wimpie
Hulle lewe albei al lyk dit nie so nie - probeer net afkoel onder die dakwaaiers.

SHOPPING

Daar is altyd redes vir uitverkopings: Kersfees, Nuwejaar, Australie dag, die koningin se verjaardag, so daar is omtrent elke week 'n ander uitverkoping. Hier is 'n tipiese aanbod deur Harvey Norman, die plaaslike meubelwinkel. Dis reg! Geen paaiemente vir 'n jaar en 'n half.




Savannah betaal vir 'n paar items by 'n winkel met die naam BigW - amper soos Kloppers in Bloemfontein (die aussies noem dit sommer Bigdub, kort vir "Big dubble-u"). Hier gebruik sy die "Self Checkout": jy scan self jou items, kies dan hoe jy wil betaal, sit kontant in die masjien (of gebruik debiet-/kredietkaart) en vat jou kleingeld. Die masjien groet jou vriendelik en se^ altyd: "Thank you for shopping at BigW. Please take your items".

GREAT BARRIER REEF

Dagbreek van die laaste dag van 2008. Oppad na Town of 1770 vanwaar ons met 'n boot vertrek na Lady Musgrave Island.



Onthou om te SLIP! SLOP! SLAP!


Boot gooi anker af en almal spring in die water om te snorkel op die Great Barrier Reef.


Elke boot moet 'n vlag laat wapper - al is dit hierdie een.

UNDER THE SEA



Elkeen op sy eie ontdekkingstog onder die water.



Die water was TV-water-helderblou! Elke kleur was duidelik sigbaar, en hoe vlakker die water, hoe helderder die kleure. Mens kan dit alles net goed bekyk met jou kop onder die wateroppervlak. Van bo af sal jy nooit kon raai wat alles daar rondswem nie. Iemand het selfs 'n klein haai gesien - baie bly dit was nie ek nie!

ISLAND STYLE





Na 'n goeie snorkelsessie het ons met 'n glasbodem-boot na die nabye Lady Musgrave Island gegaan, 'n baie klein eiland waar daar net voels voorkom - geen ander diere nie. Die strand was asemrowend mooi! En oral in die helder water kon mens die waterskilpaaie ("green turtles") sien opkom vir asem.

ISLAND STYLE





Terug op die boot na 'n opwindende dag in die middel van een van die sewe wonders van die wereld!

HUISTOE





'n Lang dag in die son en see was uitputtend! Maar wat 'n manier om die jaar mee af te sluit!

TIE ME KANGAROO DOWN SPORT


Hezel wys hoeveel die "red kangaroos" groter is as hy.




Interessante feit: op land kan 'n kangaroo nie sy agterpote onafhanklik beweeg nie - spring met albei pote gelyk, maar wanneer hy swem (en hulle is baie goeie swemmers) kan hy met elke poot onafhanklik skop.

TIE ME KANGAROO DOWN

Het jy geweet? 'n Mannetjie kangaroo word 'n Jack genoem, die wyfie 'n Jill en die kleintjie 'n Joey. Die dominante mannetjie word "die ou man" of "boomer" genoem.

It’s a general myth that Kangaroo got its name by a mere confusion. When the European explorers saw these strange animals for first, they asked a native Australian what they were called. The native replied “kangaroo” meaning ‘I don't understand you’. The explorers understood it to be the animal’s name. And ever since, the animal is known as kangaroo.


Daar is 47 spesies kangaroos wat wissel van die klein "pademelon" (wallaby so groot soos 'n haas) tot die 2.7m "red kangaroos". Hierdie is 'n foto van 'n "rock wallaby".

Wilde kangaroos kan baie gevaarlik wees, maar by die Lone Pine Koala Sanctuary kan 'n mens die mak kangaroos voer.